Stuur van inskrywings

Om vir Pendoring in te skryf, volg asb. die eenvoudige registrasie- en inskryfaanwysings op die webtuiste. Die gebruikersvriendelike navigasie stel deelnemers in staat om inskrywings te eniger tyd gedurende die inskrywingsproses te redigeer of inligting by te voeg, vanaf enige rekenaar met internetverbinding. Sodra jy die inskryfriglyne gelees het, kan jy jou inskrywings begin stuur.

Alle inskryfvorms moet aanlyn ingevul word. Jy sal ’n faktuur per e-pos ontvang en via hierdie webtuiste aanlyn toegang hê tot alle fakture en inskrywings.

Jy sal al die nodige etikette tydens die aanlyn-inskryfproses kan druk, met inbegrip van inskryf- en verpakkingsetikette en inskryflyste.

Vir fisieke inskrywings wat aan Pendoring gestuur word, maak seker dat die korrekte inskryfetikette aan ELKE ENKELE STUK geheg word.

Stuur pakkette om die bestemming voor of op die KEERDATUM van 8 Augustus 2016 te bereik:

Pendoring

Media Park

Kingswaylaan 69

Auckland Park
 

Vir aandag: Christel Olmesdahl

Tel: +27 11 713 9781; Sel: 072 638 3412

Pendoring aanvaar geen verantwoordelikheid vir materiaal wat ná die keerdatum arriveer nie.