Pryse

  • Elke goue wenner ontvang R6 000, ’n goue Pendoring-trofee en ’n geraamde sertifikaat.
  • Elke silwer wenner ontvang R2 500, 'n silwer Pendoring-trofee en 'n geraamde sertifikaat.

PRESTIGE-TOEKENNING:

Die goue wenners in al die kategorieë, met die uitsondering van studente, kom in aanmerking vir hierdie toekenning.

Die Prestige-wenner ontvang:

  • ’n Oorsese studiereis ter waarde van R100 000 (slegs geldig vir 2017).
  • Die Pendoring-Prestigetrofee en ’n geraamde sertifikaat.
  • Die adverteerder van die ontvanger van die Prestige-toekenning ontvang gratis lugtyd en advertensieruimte van deelnemende Pendoring-vennote.*

* Neem asb. kennis dat spesiale voorwaardes vir bogenoemde geld.

UMPETHA-TOEKENNING:

Die goue wenners in al die kategorieë, Afrikaans en studente uitgesluit, kom in aanmerking vir hierdie toekenning.

  • ’n Oorsese studiereis ter waarde van R100 000 (slegs geldig vir 2017).
  • Die Pendoring-Umpethatrofee en 'n geraamde sertifikaat.

STUDENTE-TOEKENNINGS:

  • Elke goue wenner ontvang R6 000, ’n Pendoring-trofee en ’n geraamde sertifikaat.
  • Elke silwer wenner ontvang R2 500, ’n silwer Pendoring-trofee en ’n geraamde sertifikaat toegeken.
  • Twee algehele studentewenners word uit die goue wenners gekies; R10 000 vir die wenner van die beste Afrikaanse werk en R10 000 vir die wenner van die beste werk in 'n inheemse Afrikataal, Afrikaans uitgesluit.

 

Die algehele studentewenners ontvang ook 'n internskap by die reklame-agentskap King James Kaapstad.

 

  • Die internskap geld slegs vir finalejaar-studentewenners.
  • Die wenners en King James Kaapstad sal oor voorwaardes vir die internskap ooreenkom.
  • Indien die wenner deel van ’n span is (twee (2) of meer studente), sal die agentskap se uitvoerende skeppende hoofde ’n onderhoud met die wenspan voer om te besluit watter student die internskap ontvang. (Hul portefeuljes sal in ag geneem word.)

Pryse in die Radiokategorie

  • Die wenner van ’n goue Pendoring in die radiokategorie ontvang handelslugtyd ter waarde van R75 000 van OFM, mits die bekroonde advertensie op OFM geskeduleer was. In die geval van meer as een wenner kry elke wenner handelslugtyd ter waarde van R50 000 van OFM, mits die bekroonde advertensies op OFM geskeduleer was.