Ons Borge | Media | 2009-wenners Tuis

Stem vir jou gunsteling Afrikaanse advertensie oor die afgelope dekade en wen!

Die Pendoring-reklametoekennings en -projek bekroon vanjaar reeds vir die sestiende jaar uitmuntende Afrikaanse reklame. Jy kan ook jou stem dik maak en vir jou gunsteling-Afrikaanse advertensie van die afgelope dekade stem vir Die Mense se Doring-toekenning.
Daar kan vir enige advertensie gestem word en dit hoef nie advertensies te wees wat tans vertoon word of wat vir Pendoring ingeskryf is nie. Dit kan ook in enige medium verskyn het bv. televisie, radio of die gedrukte media.
’n Toekenning sal tydens die gala-aand op 29 Oktober 2010 oorhandig word aan die maatskappy (wie se produk/diens geadverteer word) wat die meeste stemme gewerf het. 
  • Hoe om in te skryf
SMS die woord PENDORING na 41905. ‘n SMS sal dan aan jou gestuur word met ‘n skakel na ‘n Mobi-werf. Op die Mobi-werf moet jy die handelsmerk van jou gunsteling-Afrikaanse advertensie intik en ‘n beskrywing daarvan gee in 160 karakters of minder. R2 per SMS.

BV: Douglas Green
Dit is waar ‘n groep buitelanders soek na die Douglas Green-wynplaas en deur die plaaslike mense van bakboord na stuurboord rondgestuur word. (127 karakters)


Inskryfvorm
Naam:
Van:
Telefoon:
E-pos:
Handelsmerk:
Beskrywing:


Reëls en riglyne

1. Hierdie kompetisie word deur Pendoring aangebied (waarna hieronder verwys word as die “beoordelaars’) en is oop vir enigiemand wat in Suid-Afrika woon, met uitsondering van enige person wat ‘n werknemer of familielid is van die beoordelaars, sy handelaars, promosionele agentskappe en verwante maatskappye en/of filiale.

2. Die beoordelaars se besluit op alle sake rakende hierdie kompetisie is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

3. Die kompetisie begin op 4 Junie 2010 en duur tot dit op 18 Oktober 2010 sluit.

4. Die wenners sal op 19 Oktober 2010 telefonies in kennis gestel word.

5. Die maatskappy wie se advertensie in die kompetisie gekies word as die gewildste, sal ‘n toekenning ontvang by die Pendoring-bekroningsgeleentheid op Vrydag, 29 Oktober 2010 te Vodaworld, Midrand. ‘n Verteenwoordiger van die maatskappy sal die toekenning namens die maatskappy ontvang.

6. Aflewering van die pryse sal deur onderskeie borge gereël word.
7. Die pryse kan nie in kontant omskep word nie, tensy anders gespesifiseer.

8. Die beoordelaars behou die reg voor om die pryse met pryse van soortgelyke waarde te vervang, met uitsondering van kontant.

9. Alle deelnemers vrywaar die beoordelaars en enige maatskappy betrokke by hierdie kompetisie van enige eise.
11. Om gebruik te maak van hierdie stemstelsel moet jou foon WAP-toegang hê. Pendoring of EUROCOM kan nie verantwoordelik gehou word as ‘n selfoon nie WAP-toegang het nie.

12. SMS’e na 41905 kos R2.00 en is nie-terugbetaalbaar.

13. Gratis SMS’e geld nie en foutiewe SMS’e sal ook buite rekening gelaat word.

14. Pendoring of EUROCOM kan nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies of skade weens jou deelname nie.

15. EUROCOM kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir SMS’e wat nie die bestemming bereik nie of vir die onsuksesvolle of laat ontvangs van die SMS, aangesien hierdie diens afhanklik is van die GSM-netwerk.

16. Vir navrae in verband met die stemstelsel, bel 071 444 2922.

17. Die beoordelaars mag, nadat die wenners amptelik aangekondig is, die wenner versoek om die goedere of dienste van die beoordeleaars skriftelik te bekragtig, te bevorder of te adverteer.

18. Die aantal stemme, asook die beoordelaars se besluit, sal die algehele wenner bepaal.

19. Deelnemers onderneem om hierdie reëls na te kom.
  • Pryse
  • R2 000 kontant 
  • Twee kaartjies na die galageleentheid op 29 Oktober 2010. Die prys sluit nie reis- en verblyfkoste in nie. 
  • ‘n Jaar se intekening op tydskrif en koerant (Media24) van die wenner se keuse. 
  • ‘n Naweek vir ses persone by ‘n ATKV-oord van die wenner se keuse.
Ads 24ATKVBeeldDagbreek TrustHuisgenootKykNETMedia 24RapportToyota